Lohan & Narike - Struisbaai - 16 March 2015


"Ons was saam op skool, maar weens die ouderdoms verskil het ons nie te veel gemeng nie. Ons is albei aktief by die plaaslike muurbal klub so daar het ek maar meestal haar bene bewonder. Dis egter eers n hele paar jaar later, wat ons mekaar raakgeloop het by Robertson se Wacky Wine wat ons toe eintlik eers begin gesels het. Daarna het ons saam gaan muurbal speel en my kleinseuntjie-droom waar geword het: ek en daai bene was op een muurbalbaan."


"Ek het haar weggeneem KolKol toe in Botrivier vir haar verjaarsdag wat die volgende dag sou wees. Tussen die fynbos was ons houthut met n wonderlike uitsig oor die vleie en velde met 'n houtgestookte warmbadjie ingebou op stoep. Na 3jaar plus vat wat ons uitgaan, het ek maar besluit dis tyd. Met bottels yskoue bubbly in die yskas, lekker snackies, 'n lieflike louwarmbadjie en pragtige view (die landscaping was ook mooi), het ons 'n onvergeetlike lekker dag gehad op die ons stoepie. Met dié, sê ek toe dis tyd vir haar verjaarsdag geskenk. Sy moet haar oë toemaak en op die stoepie wag wyle ek ek dit gou gaan haal. Toe sy moes oopmaak, staan ek kniehalter gepose en ek vra toe die tradisionele vraag. Sy het seker my naam 24keer geroep en die sluise was wawyd oop voordat ek 'n antwoord uit haar kon uitkry."

"Ek het so 'n idee gehad vir 'n ring en moes van haar ander ringetjies steel om die regte grootte te kry. Ek het die ring by Isabel Pfaff laat doen en dit het mooier gekom as wat ek dit in my kop gehad het. Sy is absoluut briljant en die hele operasie om te dit ontwerp, was toe so maklik."

Venue: Struisbaai Strand
Ringe:  Isabel Pfaff

Comments